DANIEL: Die heerskappy behoort aan God (GRATIS)
Die boek Daniël is egter nie net vol onvergeetlike heldedade nie. Dit is geskryf om gelowiges aan te spoor om in moeilike tye op God te bly hoop. Daarom vleg daar een element soos ’n goue draad deur al hierdie verhale: Daniël en sy drie vriende se onwrikbare vertroue op God.
Ons leef in ’n tyd waarin dit nie meer in is om te staan by wat jy glo nie en om kompromieë aan te gaan. Wanneer jy die boek Daniël lees, besef jy egter: Geen kompromieë met die wêreld is vir gelowiges moontlik nie. Dit is ook nie nodig nie, want die God van Daniël is vandag steeds in beheer van die lewe van dié wat in alle omstandighede aan Hom getrou bly.